Wynvlieg Kelderteater@Boland Kelder
Valiant Swart LIVE
Valiant Swart word bestempel as een van die voorste Afrikaanse liedjieskrywers van die afgelope twintig jaar. Hy word wyd gerespekteer as liriekskrywer, en het reeds meer as 'n honderd oorspronklike komposisies op CD vrygestel. Van Oppikoppi tot Skouspel, by rock- en kunstefeeste en in musiekklubs en teaters landwyd, het hy oor die jare ‘n reputasie as eersteklas vermaakkunstenaar opgebou. Met meer as drieduisend optredes op sy kerfstok, hetsy solo met kitaar en mondfluitjie in ‘n intieme teateratmosfeer, of op ‘n groot verhoog met sy manjifieke band, is ‘n Valiant-vertoning ‘n belewenis vir enige gehoor. Afgesien van Suider-Afrika, het hy al opgetree in die VSA, Engeland en Nederland. Valiant kom kuier met een van sy intieme vertonings by die Wynvlieg Kelderteater.
Kaartjies R100pp
Etes kan vooraf bespreek word by 021 862 6190 Wine sales available (per glass / bottle)
TICKETBREAK BOX OFFICE ~ Get your tickets right now the secure, fast & convenient way using your credit card!